4 Goed wat die Here gebruik om jou geloof te groei

Deel 1 van 5: Groot Geloof (Inleiding)

Groot Geloof (inleiding)

5 Augustus |  Ruan Dale

Dink net hoe jou uitkyk op die lewe totaal en al anders kon gelyk het as jy absolute vertroue gehad het dat God met jou is? Dink net hoe jy sou gereageer het teenoor versoeking, moeilike omstandighede en selfs die goeie dinge in die lewe as jy met sekerheid kon weet dat God by jou is, en elke situasie wil gebruik om jou te laat groei. Met ander woorde, dink net hoe dit sou gewees het om perfekte geloof te hê.