Laaste Lewenslesse

Deel 3 van 6: Die Opdrag

die opdrag

Ruan Dale

Die persoon wat jy is vandag, is gevorm deur die mense wat jou liefgehad het en die wat jou seergemaak het. Miskien was dit jou ma, jou pa, jou afrigter of ‘n onderwyser. Ander se gedrag teenoor jou het ‘n blywende impak. En Jesus het dit so goed verstaan dat Sy grootste opdrag aan sy dissipels gegaan het oor hoe hulle mekaar behandel. Tog het ons mettertyd begin om Teologie te verhewe bo ons optrede en hoe ons mense behandel.