Collage Groepe

My Lewe in Christus: Sessie 2 – Vergifnis

Wanneer ons kies om te sondig, word ons pa-kind verhouding met God nie beïnvloed nie, maar ons gemeenskap met Hom word negatief beïnvloed. ‘n Voorbeeld hiervan is jou verhouding met jou aardse vader; dit is permanent. Dit maak nie saak wat jy doen nie, jy sal altyd sy kind bly. So is ons Hemelse Vader ook permanent ons Vader nadat ons gekies het om Jesus as Koning van ons lewens te aanvaar.