Collage Groepe

Ons vrouegroepe is verdeel in verskillende porture wat daarop fokus om vroue in hul geestelike reis te ondersteun en vriendskappe te bou. Ons groepe ontmoet eenmaal per maand in die aand , of twee maal per maand in die oggend en bly ook in kontak met mekaar per WhattsApp.

WAT MAAK VAN JOU ‘N WONDERLIKE GROEP LEIER

Selfs al is jy vir jare lank ‘n groepleier, het ons hulpbronne om jou te help om te groei. Daar is immers geen eindstreep vir leierskap ontwikkeling nie.

​Praktiese inligting oor hoe om te lei is belangrik, maar dit is nie genoeg om jou as leier te laat groei nie. Jy groei slegs as jy die inligting wat jy geleer het begin toepas. Dis hoekom ons die opleiding gefokus het rondom dinge wat jy moet weet en doen terwyl jy ‘n groep lei.